Get Adobe Flash player

Nou Aanlyn

Ons het 170 gaste aanlyn

Geloofsake

Die Laagland - Land van die Nederige

 Die land van Berge en Laagtes wat die Here my aangewys het om in te gaan woon.

 Deut. 11:10-15

10 Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos 'n groentetuin, natgelei het nie.

11 Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is 'n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;

12 'n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar .

13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te he en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,

14 dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.

15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.

[Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid-Afrika: Bybelgenootskap Van Suid-Afrika) 1953.]

Nelspruit is sentraal met Witrivier, Malelane, Barberton, Kaapsehoop, Waterval Onder, Sabie ens. in my wonderlike nabye omgewing.

'n Land van berge en laagtes sowaar! Op die berg kry mens nuwe insig oor jou omgewing en nuwe krag van die vars lug. Ook vind ek dat daar minder lastige vliëe om my draai op die berge.

Daar is natuurlik geestelike berge en geestelike vliëe! Jesus het eenmaal gese dat Sy woorde Gees en Lewe is en Sy woorde is die Woord van God want Hy is die Woord. Jesus het verseker nie Sy besoeke aan die berge verwaarloos nie-selfs die gedagte aan die feit dat Hy te voet moes gaan het Hom nie lui gemaak nie. Besoeke aan die berge is nodig ten einde die siekes te genees.

Daarom is die oë van die Here altyd deur op hierdie geestelike land met sy berge en laagtes gerig. Woon u ook in hierdie land wat van die reën, die hemel water drink?

 Op die berge

 

 

 

Hulle deur wie hierdie kabelspoor opgerig is, moes met moeite self oor die berge gaan om dit te doen terwille van hulle wat op hul arbeid in sal gaan en die voordele daarvan oes.

Mense kon van die kabelspoor gebruik maak en met meer gemak en spoed die bestemming daarvan bereik of kan, indien dwaas, te voet reg onder die kabelspoor ook self oor die berg worstel en veel langer neem om die selfde eindpunt te bereik....hierdie webwerf is so 'n kabelspoor - gebruik dit dan aangesien u nou hier is!

 

Kom op hierheen ! (Op.11:12) Kom staan saam my hier op hierdie berg sodat ons die uitsig saam kan geniet.

Kom ons kyk diep in hierdie landskap in...

 

Die ou Kabelspoor naby Barberton

Ek sien onder andere dat:

1 Die pad wat my gebring het tot hier baie moeilik en vol kronkels is en nou dat ek daarop terug kyk is net hier en daar 'n stukkie van die pad sigbaar.

2 Alhoewel ek nou baie verder kan sien as toe ek onder in die dal was, kan ek net sien tot by die volgende berg en niks verder nie. Om verder as daardie berg te kan sien sal ek noodwendig ook daardie berg MOET op en daardie pad is nie van hier af sigbaar nie.

3 Anders as onder in die dal, kan ek met gemak oor 'n paar kleiner bergies sien en so ook die plek vanwaar die rook (besoedeling) opgaan.

4 Die dorpie reg voor ons (die sending veld) is tussen hierdie berg wat ek en jy nou op staan en die volgende berg. Hier op die berg is dit makliker om waar te neem hoe groot die dorpie is en watter rigting die woon-, sake- en industriele gebied elk is as wat dit is om hierdie dinge waar te neem terwyl mens self binne-in die dorpie is ! Die pad na die volgende berg loop verseker deur hierdie dorpie reg voor ons.

5 Alhoewel die klanke wat deur die inwoners van die dorpie daar onder se bedrywighede veroorsaak word hier op die berg hoorbaar is, sal hulle ons nie hoor nie al skreeu ek en jy hier op die berg albei saam op ons hardste ! Om dus met die inwoners kontak te maak sal ons daarheen moet afdaal en in beweeg waar hulle graag oral rond hang en saam met hulle die strate van hulle dorp bewandel.

6 Die beboude gebiede sowel as die onbeboude gebiede, die lande sowel as die bosse is alles beter sigbaar....tog is die slange en ongediertes binne-in daardie bosse nie van hier af sigbaar nie; so ook nie die kakkerlakke in die kombuise nie!

7 Die pad ondertoe lyk op die oog af nie te moeilik nie en baie korter as wat dit werklik is (maar pas tog op daarvoor om nie te vinnig berg af te beweeg nie aangesien dit nie altyd so maklik is om weer jou spoed te verminder op 'n afdraende grondpad nie!).

Nog baie ander dinge is vanaf hierdie berg te sien en te leer as ons net bietjie rond beweeg na ander uitkyk plekke toe....kom stap saam, laat my toe om jou 'n paar ander vergesigte oor die laagland, wat die kinders van God in besit moet neem, te toon. Ek het al bietjie hier rond gestap om hierdie land te verken.

As mens iets mooi en goed gesien het wil mens mos graag vir ander daarvan vertel, veral dinge soos hierdie wat mens nie vir jou self kan hou nie aangesien jy nie die eienaar daarvan is nie. Die berge sowel as die laagtes is alles in en uit Sy Hoogste!

Kommentaar  

 
Guest
#1 Guest 2014-02-26 10:20
garcinia cambogia reviews women's health The info mentioned inside the post are a number of the most effective obtainable garcinia cambogia reviews before and after

My page :: pure garcinia cambogia reviews
Reporteer plasing
 
 
Guest
#2 Guest 2014-03-02 15:47
dr oz garcinia cambogia reviews fantastic submit, self-same informative.

I’m wondering why the opposite specialists of
this sector solve not realize this. You should proceed your writing.
I’m definite, you’ve a huge readers’ base already! miracle garcinia cambogia reviews

Feel free to surf to my homepage; natural garcinia cambogia reviews
Reporteer plasing
 

You have no rights to post comments