Get Adobe Flash player

Nou Aanlyn

Ons het 161 gaste aanlyn

Omgewingsake

Hierdie afdeling bevat my perspsies aangaande die kranksinnighede wat om ons aan die gang is. Meeste mense is mos groepskape sonder verstand of insig of 'n mening van hul eie. Hulle word deur die "media" aan die neus rond gesleep en verander hul mening oor sake so vinnig as wat die "media" aan hulle voorskryf met die tower frase van "meer en meer mense maak/dink nou so en so", en dan volg die groepskaap om in tel te wees en "wys" voor te kom!

Dis om hierdie rede dat daar van "meningvormers" gepraat word en die "meningvormers" deur die media as "verstandig" voorgehou word. 'n Meningsvormer is net nog 'n groepskaap soos die res, maar hy/sy het 'n graad gaan verwerf met die gevolg dat die ander groepskape nou dink die "meningvormer" is iemand met insig en verstand en werd om gevolg te word. Wat die groepskaap nie weet nie is dat daar waar die meningvormer sy opleiding gaan kry het 'n instansie is wat die meningvormer oplei om die groepskaap na sy ondergang aan te help. Om te verduidelik wat ek probeer oorbring, die volgende:

Lank terug, so ongeveer 1973, was ek eendag op besoek by die slagpale in Pretoria-wes waar daar spoorwegtrokke vol skape aankom om geslag te word. Die slagpale het daar so paar bokke (meningvormers) opgelei om die (groep)skape na hulle einde toe aan te help.

Wanneer die trokdeur oopgaan, spring die bok in die trok tussen die skape in wat "leierloos" daar staan en spring dan dadelik weer uit en die skape volg die bok na die drukgang in na die slagter toe. Sodra die trop skape uit die trok die drukgang binne, maak die bok so 'n flinke systappie uit die drukgang uit voor die hek toegaan agter die skape. Die skape storm dan voort na hulle dood toe terwyl die bok eenkant staan en wag vir die volgende trokdeur om oop gemaak te word sodat hy die volgende trok skape na hulle dood kan lei!

Nou, om my te vermaak, het die slagpale werker die hek een keer agter die bok toe gemaak. Toe moes jy hoor hoe die bok tekere gaan toe hy besef dat hy nou saam met die skape geslag gaan word. Die bok het die werker met die grootste terleurstelling aangekyk en by die hek bly staan en lawaai! ( OK, die werksman het dit net gedoen om my te wys hoe "slim" die bok is en die bok laat uitkom sodat hy die volgende trok skape na hulle einde kon aanhelp)

Die sg. "meningformers" en "politieke ontleders" van ons tyd is net soos die bok 'n werktuig van die satan om die groepskaap na sy einde aan te help, maar daar kom 'n dag wat die bok moet aftree en dan word die hek nie weer vir die geopen dat hy kan ontsnap nie. Mugabe, Pik(swart) Botha, Roelf Meyer ens. is 'n goeie voorbeelde van so 'n bok in diens van die Vrymesselaars wat weer (waarskynlik onwetend) diensknegte van die illuminati is en die illuminati is weer diensknegte van die Britte se koningshuis wat netsoos die satan, woedend is omdat hulle hul mag as die regeerders verloor het!

Onder volg 'n lys artikels wat van tyd tot tyd aangevul gaan word om die slagpale taktiek wat daagliks om ons plaasvind aan die lig te bring.

Subkategorië